Huisgenoot Hart van Windhoek Fees 30 Augustus tot 1 September

313636_278577838838204_705151427_n-1

Die 4de Hart van Windhoek Fees vind hierdie jaar plaas op 30 & 31 Augustus en beloof om nog groter en beter te wees as voorheen – jy kan dus nie bekostig om dit mis te loop nie! Kom geniet ‘n pret naweek in die geselskap van top kunstenaars soos Kurt Darren, Bobby van Jaarsveld, Jannie Moolman, Chris Chameleon, Prime Circle, Bittereinder, Die Heuwels Fantasties, Karlien Van Jaarsveld, Corlea Botha, Elvis Blue… en nog vele meer!

Windhoek gaan pols oor hierdie tydperk so kom geniet lekker musiek, fantastiese kompetisies en die kosstalletjies! Die kosmopolitaanse stad van Windhoek is die hoofstad van Namibië en die Duitse invloed is oral sigbaar – van historiese geboue wat terugdateer uit die Duitse Koloniale bewind tot die talle restuarante waar jy aan tradisionele Duitse geregte kan smul. Plaaslike besienswaardighede sluit in die Windhoek Saterdag-straatmark waar ‘n verskeidenheid Namibiese kuns- en handvervaardigde produkte te sien is en Maerua Park waar jy ‘n wye verskeidenheid formele en informele restaurante, supermarkte, boetieks, flieks en ‘n kinderspeel- en speletjies-area sal aantref. Met nagenoeg 300 dae sonskyn per jaar is Namibië werklik ‘n sonnige en warm land om te besoek.

hvw logo rec 20 Mar 13 resized

PRYSE IS ONDERHEWIG AAN BESKIKBAARHEID VAN VLUGKAARTJIES EN HOTELVERBLYF TEN TYE VAN BESPREKING.

VLIEG

Pryse vanaf R4110 per persoon wat deel (vanaf Johannesburg).

Pryse vanaf R4745 per persoon wat deel (vanaf Kaapstad).

Opsies om jou naweek in Namibië te verleng teen ekstra kostes.

UITGESLUIT BY DIE PRYS IS VERPLIGTE LUGHAWE BELASTING VAN R1 900 PER PERSOON.

Prys sluit in:

  •  Retoervlugte met Air Namibia vanaf Kaapstad of Johannesburg ( L klas sitplekke)
  •  3 dae motorhuur (Groep B klas – VW Polo of soortgelyk met lugversorger), onbeperkte kilometers en versekering
  •  2 nagte verblyf in die hotel van u keuse
  •  Buffet-ontbyt daagliks
  •  Vrydag-toegangskaartjie na alle gebeure by die Hockey Union Sportterrein. Die hekke maak 12h00 oop.
  •  Saterdag-toegangskaartjies na alle gebeure by die Hockey Union Sportterrein. Die hekke maak 10h00 oop.

SELF-RY PAKKETTE 

Vanaf R1855 per persoon.

Ingesluit by die prys:

  • Twee nagte verblyf in die hotel van u keuse
  • Buffet-ontbyt daagliks
  • Vrydag-toegangskaartjie na alle gebeure by die Hockey Union Sportterrein
  • Saterdag-toegangskaartjies na alle gebeure by die Hockey Union Sportterrein
  • Dokumenthouer

KLIK HIER vir meer inligting oor die pakkette
KLIK HIER vir jou besprekingsvorm