Hart van Windhoek: Digitale feesgids

Na maande se gewag is daar slegs ‘n paar slapies oor voordat Huisgenoot se Hart van Windhoekfees uiteindelik afskop.

Bespreek vir Skouspel!
Groot opwinding heers in Windhoek oor die fees.

Hier is ‘n handige feesgids oor alles wat jy van die fees wil weet.

Vrydagvertonings:

Die vertonings skop 14:30 af met Koos van Zyl. Elke kunstenaar sal sowat 30 minute op die verhoog wees. Die kunstenaars wat Vrydag optree sluit in Willem Botha, Heinz Winckler, Ludik en Westlife.

Kliek hier vir ‘n volledige rooster met al die tye.

Saterdagvertonings:

Saterdag se vertonings skop reeds 10:35 af. Die kunstenaars sal op twee verhoë optree. Sien jou gunsteling op die kos-verhoog of die hoof-verhoog. Bekendes soos Nicholis Louw, Nianell, Romanz en Freshly Ground sal op die verhoog in aksie wees.

Die aand word afgesluit met die Theuns en Huisgenoot all-stars-vertoning omstreeks 23:15.

Kliek hier vir ‘n volledige rooster met al die tye.

Kaartjieverkope:

Algemene toegang vir Vrydag 16 September is N$205.00. Algemene toegang vir Saterdag 17 September – N$120. Kaartjies by hek (as daar kaartjies nog beskikbaar is) Vrydag: N$250 en Saterdag N$150. Bespreek kaartjies by Computicket.

Veilige fees:

Vanjaar sal daar geen kontant of koepons by die Hart van Windhoek stalletjies aanvaar word nie en feesgangers sal ‘n gratis betaalkaart ontvang om aankope te doen. Klik hier om uit te vind hoe dit werk.

Feesterrein:

Klik hier vir ‘n kaart van die feesterrein.

Navrae:

Skakel 085 610 4000 vir enige navrae. Besoek die webtuiste.

Huisgenoot sal regstreeks vanaf die fees twiet. Klik hier om ons te volg vir die varste inligting vanaf die fees.